Jan nooi sy maat Fanie om by hom oor te slaap. Die twee begin dadelik met Jan se rekenaarspeletjie speel. “Dit is die beste rekenaarspeletjie ooit!” roep Jan uit. “Kyk hoe lyk hierdie monsters wat my aanval!” “Sjoe!” sê Fanie. “Waar het jy so ‘n vreesaanjaende speletjie in die hande gekry? Jy moet oppas, netnou kom die monsters jou haal!” “Hier kom nog ‘n monster!” skree Jan. “Dit lyk of hy reguit op my afpeil. Kyk net hoe lyk hy! Sy kop, tande en stert lyk soos dié van ‘n Tirannosourus Rex. Hy is dodelik!” Jan, Fanie, bêre daardie speletjie nou asseblief en klim in die bed!” sê Jan se ma. “Ag ma, ons wil net gou hierdie een speletjie klaarmaak,” pleit Jan. “Nee, skakel dit nou dadelik af!” antwoord sy ma. “Julle kan môre weer verder speel.” “Ons maak so, mamma,” antwoord Jan. Hy klim in die bed en skakel die lig af, maar hy hou aan om sy speletjie in die donker te speel. Fanie raak gou aan die slaap. ‘n Hele ruk later skakel Jan die speletjie af. Kort daarna raak hy ook aan die slaap. Die maanlig val deur die venster en verlig die klerekas in die kamer.
Uit die leesstuk, wat het die seuns saam gedoen?
Wie se mamma het vir hul gesê hul moet in die bed klim?
Het eltwee seuns vir die mamma geluister?